Skip to content

OVK sê ANC moet aanspreeklikheid aanvaar vir kandidaatlys-flaters

# Die Verkiesingskommissie sê die ANC moet aanspreeklikheid aanvaar nadat sy kandidatelyste vir ses munisipaliteite nie betyds ingedien is nie. Die ANC voer in sy aansoek in die Verkiesingshof aan die kandidaatbesonderhede is voor die sperdatum op die OVK se stelsel vasgelê, maar tegniese probleme het sy administrasie verhinder om die finale indiening te voltooi. Die OVK sê in ‘n beëdigde verklaring die ANC hou nie rekening dat onvoorsiene probleme kan ontstaan nie en dit is nie wenslik om sake tot op die nippertjie te laat nie.