# Rugby: Daar is volgens berigte groot belangstelling in môre se toets tussen die Springbokke en die All Blacks in Baltimore, Amerika, maar al 71-duisend kaartjies sal waarskynlik nie verkoop word nie. Dié eerste wedstryd tussen die aartsvyande op Amerikaanse bodem kom teen ‘n stywe prys, met die goedkoopste kaartjies wat verkoop vir gelykstaande aan een-duisend-800-rand vir die boonste vlak, en tussen drie- en sewe-duisend vir die laer vlak. Die BBP-gasvryheidsitplekke verkoop vir meer as 28-duisend-rand. Afskop is môreaand net na elf, Suid-Afrikaanse tyd.
Rugby: Groot belangstelling in toets tussen Bokke en All Blacks in Baltimore ondanks duur kaartjies