# Die Afrika-sentrums vir Sieketebeheer en -Voorkoming sê die voortgesette uitbreking van die Bundibugyo-stam van die Ebola-virus in die Demokratiese Republiek die Kongo versprei vinnig buite die middelpunt. Nuwe gevalle en sterftes het in die middelpunt, die Ituri-provinsie, afgeneem, maar skerp gestyg in die aangrensende Noord-Kivu en Haut-Uele. Ses-duisend-843 gevalle is aangemeld, insluitend drie-duisend-310 sterftes. Kliniese eksperimente is aan die gang om ‘n gelisensieerde entstof te vind. Die sentrums sê die grootste verantwoordelikheid is om oordrag te stop, gemeenskappe te beskerm en gesondheidswerkers in die frontlinie te ondersteun.
Afrika-sentrum waarsku DRK Ebola-uitbreking versprei vinnig na buite die middelpunt