# Sokker: Frankryk se beheerliggaam, die FFF, het sy steun onttrek vir FIFA se president, Gianni Infantino, se herverkiesing volgende jaar. Hy is veroordeel oor sy mislukte planne om aandele in die Wêreldbekertoernooi en ander kompetisies aan beleggers te verkoop. Die Europese liggaam UEFA, AFC van Asië en die Noord-Amerikaanse beheerliggaam, CONCACAF, sê Infantino moet uittree. CONMEBOL van Suid-Amerika en CAF van Afrika steun hom steeds. Die FFF se president, Philippe Diallo, vra omvattende hervorming van FIFA se bestuur.
Sokker: Franse federasie onttrek steun vir FIFA-president Infantino se herverkiesing