# Die leiers van Frankryk, Duitsland, Italië, die Verenigde Koninkryk, Noorweë en Nederland veroordeel die Israelse regering se besluit om tenders uit te reik om ʼn nedersetting te bou wat enige tweestaat-oplossing sal kelder. Die E1-nedersettingprojek sal die Wesoewer afsny van Oos-Jerusalem, wat die Palestyne as die hoofstad van hul toekomstige staat beskou. Die lande […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 21 Augustus 2026: NASIONAAL: # Business Day: Berig Suid-Afrika se medisynevervaardigers het ‘n ooreenkoms met die Departement van Gesondheid bereik waarvolgens privaat medisyneprysreëls hersien sal word. Dit volg na die verlies van sowat een-duisend-500 werksgeleenthede in die medisynebedryf. # Mail & Guardian: Skryf oor oudpresident Jacob Zuma […]
# Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, het die kennisgewingperiode vir die aflegging van werkers by die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika verleng. Dit is om die ministeriële taakspan meer tyd te gee om alternatiewe vir 227 werkers te vind. Van die 580 betrokke werkers, het 43 vroeë aftrede-pakkette aanvaar terwyl 102 na ander vakante poste by […]
# Die Demokratiese Republiek die Kongo gaan Ervebo-entstowwe van die globale Ebola-entstofvoorraad ontvang om in die huidige Bundibugyo-virus-uitbreking te gebruik. Die dodetal staan op twee-duisend-476. Die internasionale samewerkingsgroep vir entstofvoorsiening gaan aanvanklik 70-duisend dosisse van die Ervebo-entstof beskikbaar stel. Hiervan sal 20-duisend dosisse ʼn fase drie kliniese proefneming ondersteun terwyl 50-duisend dosisse vir werkers in […]
# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê Suid-Afrika en Zimbabwe moet hulle sterk bilaterale verhouding omskep in ekonomiese geleenthede soos belegging, handel, werksgeleenthede, infrastruktuur en beter lewensomstandighede. Hy het gister die ministeriële vergadering van die vierde sitting van die Suid-Afrika-Zimbabwe Bi-nasionale Kommissie in Pretoria toegespreek. Meer as 33 ooreenkomste en memorandums […]
# Die ANC sê hulle gaan vandag strafregtelike klagtes indien teen die DA se voorsitter van Federale Finansies, Mark Burke, en die maatskappy wat hy gestig het, Kastelo. Die beleggingsfirma word deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank ondersoek vir oortredings van valutabeheer. Daar word beweer dat Kastelo kliënte se toelaes gebruik het om fondse vir eie gewin […]
# ‘n Derde verdagte is in hegtenis geneem in verband met die moorde op twee lede van die Teenbende-eenheid en twee vroue in Reigerpark, Johannesburg, vroeër die maand. Die 27-jarige verdagte is in Ekurhuleni aangekeer na ‘n intelligensie-operasie. Twee ander verdagtes in die saak, die vermeende bendelid Regan Collis en 24-jarige Jamal Meyer, bly in […]
# President Volodymyr Zelensky sê Oekraïne se bondgenote wat nalaat om sy voorraad lugverdedigingsmissiele aan te vul, kos lewens. Dit volg nadat ‘n heftige Russiese missiel- en hommeltuigaanval Woensdagnag tot Donderdagoggend in en om Kiëf minstens 15 slagoffers geëis het en 34 beseer het. Oekraïne het ‘n tekort aan Patriot-onderskeppers, wat beteken hy sukkel om […]