# Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, het beklemtoon dat hulle nie die Verkiesingskommissie gunste vra nie, maar hof toe gaan oor wettige feite. Die party het die Kieshof genader en daag die kommissie uit omdat sommige van sy kandidate nie voor die sperdatum op die kommissie se stelsel vasgelê is nie. Die party sê […]
# AfriForum vra president Cyril Ramaphosa om die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, af te dank. Die minister het onder skoot gekom na ʼn video waarop sy tydens ʼn gemeenskapsvergadering in Loerie in die Oos-Kaapse Kouga-munisipaliteit op ʼn gestremde inwoner vloek. Lambert de Klerk van AfriForum sê Majodina se gedrag druis in teen […]
# Dit is vandag die 25ste herdenking van 11 September 2001 toe Al Kaïda-vlieëniers met twee gekaapte vliegtuie in die twee toringgeboue van die Wêreldhandelsentrum in New York vas gevlieg het. Twee-duisend-977 slagoffers is daardie dag dood. Die Amerikaanse leër het Al Kaïda-leier, Osama Bin Laden, in 2011 in Pakistan doodgemaak. Die vermeende baasbrein agter […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 11 September 2026: NASIONAAL: # Business Day: Berig fabrieksproduksie het in Julie met 1,1-persent gestyg ná drie opeenvolgende dalings. Die koerant skryf ses uit tien vervaardigingsafdelings het groei getoon in die herstellende sektor. # Mail & Guardian: Stel ondersoek in na die rol wat geld speel in […]
# Die parlementêre ad hoc-komitee wat korrupsie in die strafregstelsel ondersoek, het aan die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, geskryf en nog uitstel gevra. Hierdie versoek kom terwyl die komitee besig is om sy voorlopige verslag saam stel, wat vandag ingedien moes word. Didiza het die komitee reeds vyf keer uitstel gegee. Die […]
# Die Departement van Korrektiewe Dienste se nasionale kommissaris, Makgothi Thobakgale, het bekend gemaak dat tugoptrede teen 173 tronkbewaarders aan die gang is. Sommige word aangekla dat hulle gevangenes gehelp het om smokkelware in die tronk in te bring. Dis deel van verskerpte landwye ingryping en onlangse intelligensie-gedrewe klopjagte by tronke. Thobakgale sê ná die […]