# Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, sê die interministeriële komitee vir 2026 se munisipale verkiesing verskerp voorbereidings vir die November-verkiesing. Hy het die komitee ontmoet om vordering te bepaal, samewerking te versterk en die nodige voorbereidings te tref vir die werk wat voorlê. Altesaam 546 geregistreerde partye sal aan die verkiesing deelneem. Hlabisa sê die komitee bly vasbeslote om seker te maak alle planne is doeltreffend, omvattend en waterdig om ʼn suksesvolle verkiesing te verseker wat aan die grondwetlike en demokratiese verwagtinge van Suid-Afrikaners voldoen.
Inter-ministeriële Komitee verskerp voorbereiding vir munisipale verkiesing in November