# Sokker: Manchester United het sy terugkeer na die Kampioeneliga gevier met ‘n indrukwekkende 4-0 oorwinnng oor die nuwelinge Sabah op Old Trafford. Matheus Cunha, kaptein Bruno Fernandes en Benjamin Sesko het in die eerste helfte doele aangeteken, met Lisandro Martínez wat die oorwinning beklink het. Bayern München het sy reputasie as een van die toernooi se gunstelinge gestand gedoen met ‘n 5-0 oorwinning oor Bodo/Glimt in die Allianz Arena. Como het ‘n indrukwekkende debuut gemaak deur RB Leipzig met 4-1 te klop, terwyl Lens moes inhaal om die 10-man Slavia Prague 3-2 te wen.
Sokker: Manchester United en Bayern München op wenpad in Kampioeneliga