# Die vakbondfederasie COSATU se nasionale verkiesingskongres in Midrand, Gauteng, het gister in chaos verval weens geskille oor geloofsbriewe en die posisie van die federasie se adjunkpresident, Mike Shingange. Sommige geaffilieerde vakbonde, waaronder die Nasionale Mynwerkersvakbond, het geweier om hul lyste van afgevaardigdes vir die konferensie te oorhandig en aangedring op duidelikheid rondom Shingange se […]
# New York lei ‘n koalisie van 21 ander state en die Distrik van Columbia in ‘n regsgeding teen die administrasie van president Donald Trump oor ‘n nuwe beleid wat immigrasiebeamptes in staat sal stel om immigrante te straf vir die wettige gebruik van openbare voordele. Die reëlverandering sal dit waarskynlik vir baie immigrante moeiliker […]
# Die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging, Advokaat Andy Mothibi, sê korrupsie is nie net ‘n misdaad nie, maar herlei openbare hulpbronne, verswak instellings en dienslewering, verdiep ongelykheid en ondermyn vertroue in demokrasie. Hy het Maandag die 19de jaarlikse Afrika-konferensie en -uitstalling toegespreek, en beklemtoon die verantwoordelikheid vir die bestryding van korrupsie berus nie uitsluitlik […]
# Die Minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, het haar besluit verdedig om die nuwe Nasionale Katalogus vir die Grondslagfase vir graad 1–3 op te skort. Sy sê openbare hulpbronne moet verantwoordelik hanteer word. Die minister het die katalogus opgeskort weens bestuurs- en finansiële risiko’s na aanleiding van ‘n onafhanklike ondersoek. Sy het gister by […]
# Die Verkiesingshof sal moontlik vandag die ANC se aansoek teen die Verkiesingskommissie aanhoor oor die indiening van kandidatelyste vir die plaaslikeregeringsverkiesing in November. Die party beweer dat tegniese probleme met die kommissie se stelsel daartoe gelei het dat die besonderhede van 181 kandidate in ses rade nie voor die sperdatum van 28 Augustus om […]
# Krieket: Die Protea-vroue kan die T20-reeks van vyf wedstryde teen Zimbabwe vandag in Bulawayo beklink. Suid-Afrika het Vrydag se eerste kragmeting met ses paaltjies gewen nadat die buurland uitgeboul is vir net 116. Anneke Bosch het die besoekers se kolfbeurt gelei en hulle het die teiken binne 14 boulbeurte gehaal. Suid-Afrika het Sondag 193 […]
# Die minister van vervoer, Barbara Creecy, het haar medelye betuig met die naasbestaandes van 29 mense wat in twee padongelukke dood is. Een-en-twintig mense is gister op die N1 in die Wes-Kaap dood in ‘n botsing waarby twee taxi’s en ‘n Suzuki Brezza-SUV betrokke was, terwyl agt mense Sondag in ‘n botsing reg van […]
# Die Gautengse wetgewer se portefeuljekomitee oor Gemeenskapsveiligheid het gewaarsku teen bespiegeling dat die moorde op vyf vroue in Kemptonpark, Ekurhuleni, dalk met ‘n moontlike reeksmoordenaar verband hou. Die komiteevoorsitter, Bandile Masuku, sê daar is in die stadium geen bevestigde bewyse dat die gevalle met mekaar verbind kan word nie. Masuku het die publiek versoek […]
# Die Universiteit van Kaapstad bied vandag die Afrika-bekendstelling van die African Inequality Review in Kaapstad aan. Die voormalige minister van Finansies, Trevor Manuel, en president Cyril Ramaphosa se ekonomiese adviseur, Michael Sachs, is sommige van die sprekers by die geleentheid, wat beleidmakers en navorsers byeenbring om ongelykheid en inklusiewe ontwikkeling in Afrika te bespreek. […]