# Die Suid-Afrikaanse vakbondfederasie SAFTU sê die land handhaaf wêreldwyd steeds die hoogste vlakke van geweld teen vroue, maar te veel oortreders glo hulle kan sonder enige gevolge optree. Die dood van vyf vroue in en om Kemptonpark in Ekurhuleni word steeds ondersoek, nadat hulle liggame vroeër gevind is. SAFTU se woordvoerder, Asive Dyani, sê […]
# Die kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, doktor Johnstone Makhubu, sê die land se fiskale toekoms hang af van ‘n betroubare belastingadministrasie wat ondersteun word deur bekwame mense, intelligente stelsels, volhoubare belegging en sterk vennootskappe. Hy het gister tydens sy toespraak by die Belastingindaba in Johannesburg gesê Suid-Afrika se belastingstelsel is fundamenteel gesond en steeds […]
# Atletiek: Die president van Wêreldatletiek, Sebastian Coe, sê die beheerliggaam sal nie sy standpunt oor Rusland en Belarus verander nie. Wêreldatletiek het in Julie aangekondig die verbod op Russiese en Belarussiese atlete bly van krag. Dis in Maart 2022 ingestel en verhoed hulle om aan internasionale kompetisies deel te neem. Die Russiese Atletiekfederasie het […]
# Die Amerikaanse Hooggeregshof het president Donald Trump se plan verwerp om posstemme te beperk tot goedgekeurde kiesers vir die November-tussenverkiesing. Trump het in ‘n uitvoerende bevel in Maart aangevoer die verandering sal help om verkiesingsbedrog te bestry. Regter Brett Kavanaugh het in sy uitspraak gesê die toepassing van die reël in die tussenverkiesing sal […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 15 September 2026: NASIONAAL: # Business Day: Berig die kunsmis en plofstofgroep, OMNIA, gaan moontlik aan die Johanneburgse Effektebeurs onttrek nadat Solar SA ‘n aanbod van 134-rand-50-sent per aandeel gemaak het. Die stap gaan bykomende kapitaal beskikbaar stel en die geleentheid bied om in nuwe tegnologie uit […]
# Die Madlanga-kommissie hervat vandag sy openbare verhore ná ‘n kort reses. Die kommissie verskuif nou sy fokus na die Johannesburgse Metropolitaanse Polisiedepartement, een van die wetstoepassingsagentskappe wat in sy opdrag geïdentifiseer is. Woordvoerder Jeremy Michaels sê die kommissie sal getuienis aanhoor oor die infiltrasie van die JMPD deur misdaadnetwerke, en heimlike samewerking tussen metropolisie-beamptes […]