# Die Workers and Socialist Party sê die Suid-Afrikaanse Kommunistiewe Party se besluit om onafhanklik aan die komende plaaslike verkiesing deel te neem, is ‘n stap in die regte rigting. Die party waarsku egter die SAKP se voortgesette deelname aan die Drieparty-alliansie met die ANC is tans die grootste struikelblok vir eenheid binne die werkersklas. […]
# Die Amerikaanse minderheidsleier, Hakeem Jeffries. het ‘n beroep op die Kongres gedoen om stappe te doen om kunsmatige intelligensie te beheer. Hy sê die welstand van Amerikaners moet beskerm word. Dis te midde van topleiers in die KI-bedryf wat ‘n versigtiger benadering in die ontwikkeling van die tegnologie aanmoedig en waarsku dit kan menslikheid […]
# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad in die Wes-Kaap maan die publiek om nie oor die oorsaak van die dodelike ongeluk op die N1 te bespiegel of skuldiges uit te wys voor die feite bepaal is nie. Een-en-twintig mense is dood na ‘n botsing tussen twee minibus-taxi’s en ‘n stasiewa tussen Prins Albert-weg en Leeu-Gamka. Die […]
# Die Suid-Afrikaanse vakbondfederasie SAFTU sê die land handhaaf wêreldwyd steeds die hoogste vlakke van geweld teen vroue, maar te veel oortreders glo hulle kan sonder enige gevolge optree. Die dood van vyf vroue in en om Kemptonpark in Ekurhuleni word steeds ondersoek, nadat hulle liggame vroeër gevind is. SAFTU se woordvoerder, Asive Dyani, sê […]
# Die kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, doktor Johnstone Makhubu, sê die land se fiskale toekoms hang af van ‘n betroubare belastingadministrasie wat ondersteun word deur bekwame mense, intelligente stelsels, volhoubare belegging en sterk vennootskappe. Hy het gister tydens sy toespraak by die Belastingindaba in Johannesburg gesê Suid-Afrika se belastingstelsel is fundamenteel gesond en steeds […]
# Atletiek: Die president van Wêreldatletiek, Sebastian Coe, sê die beheerliggaam sal nie sy standpunt oor Rusland en Belarus verander nie. Wêreldatletiek het in Julie aangekondig die verbod op Russiese en Belarussiese atlete bly van krag. Dis in Maart 2022 ingestel en verhoed hulle om aan internasionale kompetisies deel te neem. Die Russiese Atletiekfederasie het […]