# Die geskorste minister van Polisie, Senzo Mchunu, ontken die KwaZulu-Natalse Valke-beampte, Deenadayalan Govender, se bewerings teen hom by die Madlanga-kommissie. Govender het verlede week getuig Mchunu het hom probeer oorreed om talle skietvoorvalle deur die polisie, voor die deur van die provinsie se polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, te lê. Mchunu se woordvoerder, Sithembiso Mshengu, het […]
# Krieket: Engeland se snelbouler, Brydon Carse, is ná ʼn voorval buite ʼn Derby-nagklub nie by die groep ingesluit vir die tweede toets teen Pakistan nie. Die aksie begin Donderdag op Lord’s. ʼn Video word versprei waar hy Saterdagaand in boeie deur die polisie weggelei word. Die Engeland en Wallis Krieketraad het die voorval vir […]
# Die Kanadese eerste minister, Mark Carney, sê die doel van handels-onderhandelinge met Amerika was nog altyd om die beste ooreenkoms vir die Kanadese te beding, en nooit ʼn ooreenkoms ten alle koste of teen enige tydsraamwerk nie. Amerika se 50-persent tarief op ʼn reeks Kanadese produkte het die naweek van krag geword. President Donald […]
# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, het sy besluit verdedig om nie ʼn ondersoekkommissie na beweerde inmengery by die vervolging van apartheidsmisdade te ondersteun nie. Hy het gister die eerste keer vir kruisondervraging teruggekeer na die Waarheids-en-Versoeningskommissie se Sake-ondersoek. Lamola, voormalige minister van Justisie, sê finansiële beperkings by die departement en […]
# President Cyril Ramaphosa sê terwyl die staat beleid moet stel, reguleer en openbare dienste lewer, is die kundigheid en hulpbronne van die private sektor van kritieke belang om ‘n veerkragtige ekonomie te bou. Die derde fase van die vennootskap tussen die regering en sakeondernemings is verlede week bekendgestel om vinniger inklusiewe ekonomiese groei te […]
# Die Britse eerste minister, Andy Burnham, sê sy land se steun vir Oekraïne het nie verander nie, ten spyte van Russiese vergeldingsdreigemente. Hy het gister sy eerste amptelike besoek as eerste minister aan Kiëf gebring, ten tyde van die land se 35ste onafhanklikheidsviering. Burnham sê Brittanje sal op drie sleutelgebiede steun aan Oekraïne bied. […]
# Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, verwelkom die opening van ‘n nuwe kantoor vir Binnelandse Sake, by die Burgersentrum in die middestad. Inwoners kan nou, slegs per afspraak, aansoek doen vir noodsaaklike dokumente soos ID’s en paspoorte by die fasiliteit, wat daarop gemik is om regeringsdienste meer toeganklik te maak en druk op besige […]
# Die beweerde ‘Groot Vyf’-kartelbaas en sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala het geweier om die aard van sy verhouding met die geskorste adjunk- nasionale polisiekommissaris Shadrack Sibiya te bespreek. Matlala het voor die Madlanga-kommissie getuig en bevestig hy ken Sibiya en het voorheen sy kantoor besoek nadat hy ‘n vergadering oor ‘n huurkontrak van die Departement […]
# Die eerste getuie in die voortgesette geregtelike ondersoek na die dood van die anti-apartheidsaktivis Steve Biko sal na verwagting vandag in die Hooggeregshof in Gqeberha getuig. Die verhoor is gister vertraag deur ‘n geskil oor die befondsing vir die regsverteenwoordiging van Biko se weduwee, Nontsikelelo. Die Departement van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling het nou […]