# Die DA sê die Tshwane-burgemeester Nasiphi Moya se eensydige besluit om elektrisiteit af te sny na ‘n reservoir in Centurion, wat aan Johannesburg Water behoort, is roekeloos en onverantwoordelik. Dit volg op uitstaande skuld van 62-miljoen-rand. Die afsluiting is deel van die metro se deurlopende “Tshwane Ya Tima”-inkomstevorderingsveldtog, wat gemik is op kliënte wat nie betaal nie, insluitend staatsinstellings. Stephen Moore van die DA sê dit gaan nie oor die noodsaak dat skuld aan Tshwane vereffen moet word nie, maar oor Moya se roekelose inmenging met ‘n infrastruktuurstelsel wat reeds onder druk verkeer:
DA kritiseer Tshwane-burgemeester nadat sy elektrisiteit na ‘n Joburg Water-reservoir afsny [KLANK]
ENG MooreOnDisconnection