# Die EFF sê hy verwerp ‘n polisiekultuur wat die verdwyning van vroue as ‘n nie-dringende en gewone saak beskou totdat families en gemeenskappe genoeg druk op hulle plaas om te reageer. Dit volg op die ontdekking van die liggame van vyf vroue in Kemptonpark, Ekurhuleni, oor die afgelope twee maande. Die EFF sê meer as een vrou se liggaam is na wat berig word in die omgewing ontdek voordat die polisie opgetree het. Hy sê dit laat ernstige vrae ontstaan oor die bekwaamheid en gewilligheid van die SAPD om patrone van geweld te identifiseer.
EFF sê polisie kom te laat agter kap van die byl om Kemptonpark-moorde te voorkom