Skip to content

Atletiek: Wêreldatletiek hou by verbod op Rusland en Belarus voor arbitrasie-hofsaak

# Atletiek: Die president van Wêreldatletiek, Sebastian Coe, sê die beheerliggaam sal nie sy standpunt oor Rusland en Belarus verander nie. Wêreldatletiek het in Julie aangekondig die verbod op Russiese en Belarussiese atlete bly van krag. Dis in Maart 2022 ingestel en verhoed hulle om aan internasionale kompetisies deel te neem. Die Russiese Atletiekfederasie het verlede maand ‘n nuwe appèl-aansoek by die Internasionale Hof vir Sportarbitrasie ingedien teen die verbod. Coe sê hulle erken wel die belangrikheid daarvan om uiteindelik volle wêreldwye deelname aan die sport te herstel.