# Die Amerikaanse Hooggeregshof het president Donald Trump se plan verwerp om posstemme te beperk tot goedgekeurde kiesers vir die November-tussenverkiesing. Trump het in ‘n uitvoerende bevel in Maart aangevoer die verandering sal help om verkiesingsbedrog te bestry. Regter Brett Kavanaugh het in sy uitspraak gesê die toepassing van die reël in die tussenverkiesing sal arbitrêr wees omdat staats- en plaaslike verkiesingsbeamptes nie genoeg tyd het om die reël redelikerwys voor die verkiesings te implementeer nie. In die 2024-algemene verkiesing het nagenoeg 30-persent van die kiesers per pos gestem.
Amerikaanse Hooggeregshof blokkeer Trump se beperkings op posstemme voor tussenverkiesings