# Business Leadership South Africa sê ‘n regering verbind tot hervorming en die skepping van ‘n pro-groei-beleidsomgewing, tesame met ‘n sakevennoot verbind tot suksesvolle inwerkingstelling, sal waarskynlik lei tot meer belegging. President Cyril Ramaphosa het verlede week fase-3 van die vennootskap tussen die regering en die sakewêreld bekendgestel, gemik daarop om die bruto binnelandse produk […]
# Suid-Soedan se president, Salva Kiir, is in Suid-Afrika vir ‘n amptelike besoek en sal na verwagting hoëvlak-gesprekke met president Cyril Ramaphosa voer. Ramaphosa is voorsitter van die Afrika-Unie se ad hoc-komitee oor Suid-Soedan. Die gesprekke vind plaas te midde van toenemende kommer oor die uitvoer van Suid-Soedan se hersiene vredesooreenkoms voor die verkiesing later […]
# ‘n Getuienisleier van die Madlanga-kommissie, Alida Hassim, sê die sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala se regspan het oorgenoeg tyd gehad om sy beëdigde verklaring in te dien. Sy het aangevoer die beëdigde verklaring moes Vrydag ingedien word ingevolge ‘n opdrag wat voorsitter Mbuyiseli Madlanga vroeër uitgereik het. Hassim sê Matlala se regspan het sedert Maart geweet […]
# Tennis: Die sterbelaaide Amerikaanse Ope se gemengde dubbelspeltoernooi begin môre op Flushing Meadows in New York. Onder die spanne is die Spanjaard Carlos Alcaraz en die Amerikaner Serena Williams, wat saam 44 Grand Slam-enkel- en -dubbeltitels ingepalm het; die Italianers Andrea Vavassori en Sara Errani, die vroue-wêreld-nommer-een, Aryna Sabalenka van Belarus, en die 24-malige […]
# Die Madlanga-kommissie het Vusimuzi “Cat” Matlala se versoek geweier om sy getuienis tot môre te laat oorstaan. Hy het voorheen geweier om vrae te beantwoord oor die polisie se Medicare24-tender van 228-miljoen-rand. Sy regspan het probleme aangevoer om toegang tot hom te verkry in die Kgosi Mampuru-gevangenis. Advokaat Fatima Missi het die laat indiening […]
# Die kantoor van die hoofregter waarsku teen ‘n bedrieër wat hom voordoen as waarnemende regter-president Zamani Nhlangulela van die Oos-Kaapse afdeling. Die regbank sê hy is bewus van WhatsApp-boodskappe wat gestuur is met behulp van Nhlangulela se profielfoto en ‘n selfoonnommer wat in sy naam geregistreer is om mense te mislei. Die kantoor waarsku […]
# Pous Leo vra internasionale hulp om die uitwerking van ‘n Ebola-uitbreking in die Demokratiese Republiek die Kongo te beperk, wat tot dusver meer as twee-duisend-500 lewens geëis het. Amptenare van die Verenigde Nasies sê die uitbreking versprei vinnig oor ‘n groot gebied in die land. Die pous het op St Petrusplein aan pelgrims gesê […]