# Die Vereniging van Staatsamptenare het kommer uitgespreek oor maskers wat verval het wat volgens berigte aan personeel by die Bongani TB-hospitaal in Mpumalanga uitgereik word. Die vakbond voer aan dit is ‘n ernstige gesondheids- en veiligheidsbekommernis omdat personeel by die hospitaal aan tuberkulose en ander respiratoriese gevare blootgestel kan word. Phumzile Zulu van die […]
# AfriForum sê die Nasionale Waterwet maak nie regstelling ’n afsonderlike vereiste waaraan voldoen moet word voordat ’n aansoek om ’n waterlisensie oorweeg kan word nie. Die organisasie betwis ’n vereiste op die Departement van Water en Sanitasie se aanlynstelsel wat van aansoekers verwag om aan te toon hoe hul voorgestelde watergebruik, vorige rasse- en […]
# DNS-toetse word uitgevoer om drie vroue uit te ken wie se liggame in Kemptonpark, Ekurhuleni, gevind is. Die Gautengse Departement van Gesondheid help met die polisie-ondersoek na die dood van vyf vroue wie se liggame tussen Julie en vandeesmaand gevind is. Twee van die vroue is reeds uitgeken, terwyl drie nog geïdentifiseer moet word. […]
# Die Vereniging van Staatsamptenare het die afdanking van die uitvoerende hoof van die Regeringspensioenadministrasie-agentskap, Kedibone Madiehe, ná ‘n dissiplinêre verhoor, verwelkom. Die verhoor het gevolg na ‘n forensiese ondersoek na beweerde onreëlmatighede met verkryging wat verband hou met kantoorruimte, ‘n kontrak vir sekuriteitsdienste en korporatiewe klere vir werknemers. Claude Naiker van die vakbond sê […]
# Die Staat het sy saak voorlopig gesluit in Vusimuzi “Cat” Matlala en sy medebeskuldigdes se binneverhoor.. Die verrigtinge ondersoek of bewyse wat ná Musa Kekana se inhegtenisneming in April 2024 ingesamel is, in die hoofsaak toegelaat kan word. Advokaat Elize Le Roux sê die Staat het die voorlegging van sy bewyse afgehandel, en verdediging […]
# Die regering is bekommerd oor die hoë aantal sterftes op die land se paaie nadat afsonderlike botsings minstens 29 lewens geëis het. Agt mense is gister op die N17 naby Ermelo in Mpumalanga dood en 21 mense is vandag in ‘n botsing tussen verskeie voertuie op die N1 in die Wes-Kaap dood. Die adjunk-regeringswoordvoerder […]
# Die uitvoerende hoof van OpenAI, Sam Altman, sê die Amerikaanse president Donald Trump en die Chinese president Xi Jinping sou dalk die Nobelprys vir Vrede verdien indien hulle ‘n ooreenkoms – selfs al is dit net een bladsy lank – oor die veiligheid van kunsmatige intelligensie bereik. Altman sê samewerking tussen Washington en Beijing […]