# DNS-toetse word uitgevoer om drie vroue uit te ken wie se liggame in Kemptonpark, Ekurhuleni, gevind is. Die Gautengse Departement van Gesondheid help met die polisie-ondersoek na die dood van vyf vroue wie se liggame tussen Julie en vandeesmaand gevind is. Twee van die vroue is reeds uitgeken, terwyl drie nog geïdentifiseer moet word. Steve Mabona van die Departement doen ‘n beroep op die families van vermiste persone om met die Forensiese Patologiediens in Germiston in verbinding te tree:
DNS-toetse word gedoen om drie vroue uit te ken wat in Kemptonpark dood gevind is [KLANK]
ENG MabonaOnIdentity