# Wes-Kaapse polisie het twee verdagtes vasgetrek in verband met die moord op die voormalige burgemeester van Knysna, Aubrey Tsengwa. Hy is verlede Woensdagaand naby Concordia doodgeskiet terwyl hy op pad was huis toe. Drie ander mense is gewond. Die polisiewoordvoerder, Novela Potelwa, sê hulle het beslag gelê op twee voertuie, drie vuurwapens en talle […]
# Iran se veiligheidshoof, Mohsen Rezaei, waarsku Teheran is bereid om Amerikaanse oliemaatskappye en ander ekonomiese belange in die streek te teiken indien Amerika sy ekonomiese oorlog uitbrei. Die Amerikaanse minister van Finansies, Scott Bessent, gaan vandag na verwagting nuwe sanksies teen Iran aankondig. Rezaei dreig ook dat Teheran alternatiewe roetes sal teiken wat gebruik […]
# Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, sê diegene wat die moord op die fluitjieblaser, Babita Deokaran, gefinansier en daarby gebaat het, moet voor die gereg gebring word. Dit was gister vyf jaar sedert sy buite haar huis in Johannesburg doodgeskiet is nadat sy uitgebreide plundering by die Tembisa Hospitaal ontbloot het. Die Spesiale […]
# SA Sporttoekennings: Die naelloper en Olimpiese silwermedaljewenner, Akani Simbine, is aangewys as Sportster van die jaar op die Suid-Afrikaanse Sporttoekennings in Noordwes. Die swemmer Pieter Coetze en die middelafstand-atleet Prudence Sekgodiso het onderskeidelik Sportman en Sportvrou van die Jaar gewen. Puseletso Mabote is aangewys as Gestremde Sportman van die Jaar met Simoné Kruger die […]
# Namibië se president Netumbo Nandi-Ndaitwah het bevestig dat haar land sy verhouding met Limpopo wil versterk en seker maak die bestaande ooreenkomste tussen die twee loop uit op tasbare ekonomiese en maatskaplike voordele. Limpopo-premier Phophi Ramathuba het ʼn provinsiale hoëvlak-afvaardiging gestuur om deel te neem aan die 25ste jaarlikse Ongwediva-handelskou in Namibië. Nandi-Ndaitwah sê […]
# Die African Unite Borders Bus Trucks Association sê die Wysigingswet op die Vervoerappèltribunaal moet gerespekteer word. Volgens die wetgewing word ʼn besluit outomaties opgeskort wanneer appèl aangeteken word binne 30 dae nadat die betrokke party in kennis gestel is. Die respondent mag egter aansoek doen om die opskorting teen te staan. Die vereniging se […]
# Die polisie in Gauteng het ʼn 47-jarige man in hegtenis geneem in verband met die ontvoering van twee mense en die kaping van ʼn Omoda-motorvoertuig in Centurion. Die polisiewoordvoerder, Dimakatso Nevhuhulwi, sê die beamptes was besig met misdaadvoorkoming-pligte in die Tshwane-area toe hulle inligting oor die kaping en ontvoering ontvang. Sy sê die verdagte is […]