# Business Leadership South Africa sê die ekonomie se 0,2-persent-daling tussen April en Junie is ‘n skerp herinnering aan Suid-Afrika se brose ekonomie. Die organisasie se uitvoerende hoof, Busisiwe Mavuso, sê swak belegging bly ‘n groot uitdaging. Vaste belegging staan tans op 13,6-persent van die bruto binnelandse produk, terwyl die regering en staatsbeheerde ondernemings nie hul beleggingsdoelwitte haal nie. Mavuso verwelkom Transnet se wins van 4,6-miljard-rand as ‘n positiewe teken van verbeterde finansiële bestendigheid.
Business Leadership SA sê daling van 0,2% in BBP lê Suid-Afrika se kwesbare ekonomie bloot