Skip to content

Belize se parlementêre speaker loof Suid-Afrika se pad na demokrasie [KLANK]

# Die speaker van Belize se Huis van Verteenwoordigers, Valerie Woods, het Suid-Afrika se pad na demokrasie as ‘n kragtige les vir parlemente wêreldwyd geloof. Sy het op die Statebond-parlementsvereniging se Kleintakke-konferensie in Kaapstad gepraat. Woods het Suid-Afrika se oorgang van apartheid en verskuiwing na ‘n grondwetlike demokrasie, gelykheid en menswaardigheid benadruk. Sy sê dit herinner parlementslede aan hul plig om burgers te verteenwoordig, demokratiese waardes te handhaaf en onafhanklikheid te versterk:

ENG-WoodsOnParliaments