# Die Wes-Kaapse polisie vra inligting wat kan help met die ondersoek na die moord op vier mense wie se verkoolde liggame gister in Dunoon, Kaapstad, ontdek is. Woordvoerder Novela Potelwa sê beamptes is ontbied na die N7-afrit op Malibongwe-rylaan waar hulle die liggame in ‘n oop veld langs die pad ontdek het:
# Krieket: Die Australiese kaptein, Pat Cummins, gaan die eendagwedstryde teen die Proteas gebruik om voor te berei vir die toetsreeks teen Suid-Afrika. Die drie toetse in Oktober sal die eerste vir Australië in Suid-Afrika wees sedert die skuurpapierskandaal van 2018 wat gelei het tot die skorsing van kaptein Steve Smith, onderkaptein David Warner en […]
# Die vakbond GIWUSA sê die vennootskap tussen die regering en die sakewêreld bied geen werklike hoop aan die meer as 13-miljoen werklose Suid-Afrikaners nie. President Cyril Ramaphosa het verlede week fase 3 van stapel gestuur, wat daarop gemik is om hervormings te bevorder, beleggings te verhoog en werksgeleenthede te skep. GIWUSA se president, Mametlwe […]
# Die United Progressive People Alliance sê hy gaan 70 wykskandidate in Tshwane stel in November se plaaslike regerings-verkiesing. Die party het ‘n sespuntplan bekendgestel om die metro te herbou voor die verkiesing. Dit gee onder meer aandag aan ingewortelde en finansiële uitdagings terwyl die waardigheid van gemeenskappe terselfdertyd herstel word. Die alliansie sê hy […]
# Rugby: Die kaptein van Suid-Afrika se Vroue ‘A’-span, Mary Zulu sê hulle is gereed vir die uitdaging wanneer hulle teen Brasilië in São Paulo te staan kom. Die eerste van twee wedstryde word môre gespeel. Zulu en die ander agterspelers, Shaunique Alexander en Insaaf Levy, het vir die Springbokspan uitgedraf. Die span het agt […]
# Rugby: Richie Mo’unga maak môreaand sy langverwagte terugkeer na die All Black-span wanneer die besoekers en die Leeus op Ellispark kragte meet. Die 32-jarige losskakel het in die eindstryd van 2023 se Wêreldbekertoernooi teen die Springbokke laas vir Nieu-Seeland uitgedraf. Patrick Tuipulotu sal die span aanvoer. Die stut Saula Ma’u maak sy All Black-buiging […]
# Die politieke ontleder Ongama Mtimka vergelyk die ANC se huidige posisie met dié van ʼn sportafrigter met ʼn uitstekende wedstryd-plan, maar sonder die organiserings-vermoë om dit uit te voer. Die party se manifes bevat ses belangrike voorkeur-gebiede gemik op die herstel van openbare vertroue, insluitend aandag aan dienslewerings-probleme. Mtimka het aan Newzroom Afrika gesê […]