# Sonke Gender Justice het die dood van vyf vroue wie se lyke die afgelope twee maande in die Kempton Park-omgewing gevind is, veroordeel. Vier liggame is die afgelope twee maande gevind, terwyl ‘n vyfde vrou vanoggend ontdek is. Bafana Khumalo van die organisasie sê die sterftes kan nie as geïsoleerde voorvalle hanteer word nie en die situasie is ‘n openbare veiligheidskrisis wat dringende optrede vereis. Khumalo het medelye met die slagoffers se families betuig en gevra vir dringende ondersoeke en slagoffergesentreerde geregtigheid.
Sonke Gender Justice dring aan op geregtigheid vir vroue wat in Kempton Park vermoor is