Skip to content

Mkhwanazi kry R10 000 borgtog in blouligsaak en bly in aanhouding vir Mbense moordsaak

# Die Germistonse Landdroshof in Gauteng het borgtog van tien-duisend-rand toegestaan aan die geskorste adjunkhoof van die Ekurhuleni-metropolisie, Julius Mkhwanazi, ​in die sogenaamde blouligsaak. Dit hou verband met bewerings oor die ongemagtigde installering van blouligte op privaat voertuie wat aan die sakeman Vusimusi “Cat” Matlala behoort. Mkhwanazi bly egter in aanhouding in verband met die moord op die sakeman Emmanuel Mbense in 2022 – ‘n saak wat in die Brakpanse Landdroshof dien. Daar word verwag dat die hof môre uitspraak sal lewer oor borgtog in dié saak.