# African Transformation Movement het sy burgemeesterskandidate vir Gauteng bekendgestel vir November se plaaslike regeringsverkiesing en onderneem om korrupsie, swak dienslewering en munisipale verval aan te pak. Die party het kandidate in verskeie munisipaliteite aangewys, waaronder die parlementêre leier, Vuyolwethu Zungula, vir Johannesburg, Mncedi Ndzwanana vir Tshwane en Ernest Ndaba vir Ekurhuleni. ATM se woordvoerder, Zama Ntshona, sê die party se fokus sal wees op etiese leierskap, ekonomiese hervorming en aanspreeklikheid:
ATM stel sy Gautengse burgemeesterskandidate vir plaaslike regeringsverkiesing bekend [KLANK]
ENG NtshonaOnMayoralCandidates