Skip to content

Vermiste Kemptonparkse drawwer Elizabeth Moselakgomo se liggaam positief geïdentifiseer

# Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Puleng Dimpane, sê die polisie sal alles moontlik doen om diegene op te spoor wat verantwoordelik is vir die moord op vroue in Kemptonpark, Gauteng. Dit volg op die ontdekking van ‘n vyfde liggaam, terwyl ondersoeke na verskeie sake in die gebied voortduur. Polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê die vermiste drawwer, Elizabeth Moselakgomo, se gesin het haar liggaam in die Germistonse lykshuis uitgeken. Mathe sê ‘n gespesialiseerde polisiespan werk onverpoos om vas te stel wat gebeur het.