Skip to content

Gautengse Gemeenskapsveiligheidskomitee vra publiek om te help om moorde op vroue in Kemptonpark op te los [KLANK]

# Die Gautengse wetgewer se portefeuljekomitee oor Gemeenskapsveiligheid het gewaarsku teen bespiegeling dat die moorde op vyf vroue in Kemptonpark, Ekurhuleni, dalk met ‘n moontlike reeksmoordenaar verband hou. Die komiteevoorsitter, Bandile Masuku, sê daar is in die stadium geen bevestigde bewyse dat die gevalle met mekaar verbind kan word nie. Masuku het die publiek versoek om gerugte te vermy wat die polisie-ondersoek kan belemmer of onnodige paniek kan veroorsaak:

ENG MasukuOnKemptonParkMurders