# Rugby: Die Wallabies se afrigter, Les Kiss, sê hulle weet hulle sal moet verbeter voor volgende naweek se toets teen die Springbokke in Perth. Suid-Afrika is propvol selfvertroue nadat hulle die aartsvyand, Nieu-Seeland, 3-1 verslaan het in Rugby’s Greatest Rivalry danksy ‘n oortuigende oorwinning in die laaste toets in Baltimore. Kiss sê die wêreldkampioen gaan ‘n heeltemal ander uitdaging bied as tydens sy eerste vier toetse in beheer teen Japan en Argentinië. Hy besef Australië sal meer fisies en intens moet wees.
Rugby: Kiss besef Wallabies sal moet verbeter voor toets teen Bokke in Perth