Skip to content

Hoof van Vervolgingsgesag sê korrupsie en wanadministrasie bly groot bedreigings

# Die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging, Advokaat Andy Mothibi, sê korrupsie is nie net ‘n misdaad nie, maar herlei openbare hulpbronne, verswak instellings en dienslewering, verdiep ongelykheid en ondermyn vertroue in demokrasie. Hy het Maandag die 19de jaarlikse Afrika-konferensie en -uitstalling toegespreek, en beklemtoon die verantwoordelikheid vir die bestryding van korrupsie berus nie uitsluitlik by wetstoepassingsagentskappe nie. Mothibi het ook gewaarsku dat georganiseerde misdaad toenemend gesofistikeerd raak, met misdadigers wat tegnologie, professionele netwerke en oorgrens-bedrywighede aanwend.