Skip to content

Krieket: Protea-vroue kan T20-reeks teen Zimbabwe in Bulawayo vandag beklink

# Krieket: Die Protea-vroue kan die T20-reeks van vyf wedstryde teen Zimbabwe vandag in Bulawayo beklink. Suid-Afrika het Vrydag se eerste kragmeting met ses paaltjies gewen nadat die buurland uitgeboul is vir net 116. Anneke Bosch het die besoekers se kolfbeurt gelei en hulle het die teiken binne 14 boulbeurte gehaal. Suid-Afrika het Sondag 193 vir drie aangeteken danksy Bosch se 65, en Zimbabwe tot 129 vir sewe beperk nadat Seshnie Naidu drie paaltjies geneem het. Die voorlaaste wedstryd vind Donderdag plaas en die laaste een Saterdag.