Skip to content

Die Verkiesingshof gaan vandag ANC se saak oor kandidatelyste teen OVK aanhoor

# Die Verkiesingshof sal moontlik vandag die ANC se aansoek teen die Verkiesingskommissie aanhoor oor die indiening van kandidatelyste vir die plaaslikeregeringsverkiesing in November. Die party beweer dat tegniese probleme met die kommissie se stelsel daartoe gelei het dat die besonderhede van 181 kandidate in ses rade nie voor die sperdatum van 28 Augustus om vyfuur namiddag vasgelê is nie. In dokumente voor die Verkiesingshof, voer die OVK aan dat sy ouditspoor geen stelselaktiwiteit toon in twee van die ses munisipaliteite wat die sentrale punt van die geskil vorm nie.