# Suid-Afrikaanse mynmaatskappye versnel belegging in hernubare energie om koste te besnoei, kragvoorrade te diversifiseer en afhanklikheid van Eskom te verminder. Anglo American en Sibanye-Stillwater is onder die maatskappye wat saam met onafhanklike produsente werk om wind- en sonkrag te verkry. Anglo se Envusa Energy-onderneming genereer tans 520-megawatt, terwyl Sibanye 835-megawatt gekontrakteer het. Die uitvoerende […]
# Demokrate in die Amerikaanse Senaat het die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu, versoek om die toename in geweld deur Israelse setlaars op die besette Wesoewer en Israelse veiligheidsmagte se massa-inhegtenisnemings van Palestyne hok te slaan. Twee-en-veertig uit die 47 lede van die Demokratiese koukus in die Senaat het ‘n skrywe aan Netanyahu onderteken oor […]
# Johannesburg Water sê die Stad gebruik sowat 200-megaliter meer water per dag as sy voorsieningsteiken, wat druk op die stelsel plaas. In ‘n onderhoud met eNCA sê bestuurder Gugulethu Quma die daaglikse vraag is gemiddeld tussen een-duisend-700 en een-duisend-750-megaliter teenoor ‘n teiken van een-duisend-500 tot een-duisend-550 megaliter. Hy sê die Stad bespaar water oornag […]
# Die Parlement se Portefeuljekomitee oor Landbou het die ANC-Parlementslid Nomasonto Motaung verkies as sy nuwe voorsitter. Motaung volg die waarnemende voorsitter Nobuhle Nkabane op, wat oorgeneem het toe Dina Pule in Junie aangestel is as die minister van Maatskaplike Ontwikkeling. Die voormalige adjunkminister in die Presidensie sê landbou is uiters belangrik vir voedselsekerheid, ekonomiese […]
# Duisende Dolly Parton-aanhangers het blomme, ballonne en kaartjies by die huis van die Amerikaanse musiekikoon gelaat. Parton is gister op 80-jarige ouderdom in Tennessee oorlede. Kanker is vroeër as die oorsaak van haar dood onthul nadat sy die diagnose privaat gehou het. Parton het meer as drie-duisend liedjies geskryf en meer as 100-miljoen plate […]
# Die Nasionale Tesourie en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het uitvoerregulasies gewysig om nulkoersheffing toe te laat wanneer roerende goedere wat vir uitvoer bestem is aan terminaaloperateurs en hawe-owerhede lewer word. Die Tesourie sê die verandering spreek praktiese probleme aan wat ondervind word by fasiliteite soos die Richardsbaai-steenkoolterminaal, waar privaat terminale deur Transnet-hawe-infrastruktuur gebruik word. Voorheen […]
# Die sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala het voor die Madlanga-kommissie getuig die voormalige Valke-hoof in KwaZulu-Natal, generaal Lesetja Senona, het hom aangemoedig om die kansellasie van sy SAPD-kontrak te betwis. Matlala het bevestig Senona het hom aangeraai om regshulp in te win en die hof te nader om die beëindiging van sy kontrak te probeer keer. […]
# Ten minste nege mense is dood en honderde toeriste word vermis na ‘n verwoestende kitsvloed langs Nepal se grens met Tibet. Reuters berig 384 reisigers, insluitend 291 buitelandse burgers, word vermis. Dorpies, paaie, brûe en hidro-elektriese projekte is meegesleur in die bergagtige Rasuwa-distrik. Owerhede sê ‘n modderstorting is moontlik veroorsaak deur ‘n aardbewing van […]