Skip to content

Voormalige SAPD luitenant-kolonel Pieter Andries Nel skuldig bevind aan bedrog van R1,2-miljoen

# Die voormalige hoof van Finansiële Dienste van die SAPD in die ZF Mgcawu-distrik, Noord-Kaap, luitenant-kolonel Pieter Andries Nel, is skuldig bevind aan 160 aanklagte nadat hy erken het hy het die polisie met meer as 1,2-miljoen-rand bedrieg het. Nel het in die Upingtonse Handelsmisdaadhof skuldig gepleit op 80 aanklagte van bedrog en 80 aanklagte van geldwassery. Nel het tussen 2022 en 2024 bedrieglike betalings en vals eise vir reise geskep. Die geld is in sy rekening inbetaal, en dit het tot sy ontslag in 2024 gelei. Hy sal op 2 Desember gevonnis word.