’n Senior spesialis in die finansiële sektor by die Wêreldbank, Laura Pop, het aan die Madlanga-kommissie gesê lande benodig keuringstelsels wat aangepas is by hul spesifieke risiko’s, instellings en uitdagings op die gebied van staatsbestuur. Pop het met verwysing na meer as ’n dekade se werk teen korrupsie in Oekraïne, Moldowa, Kenia en Albanië, gesê die modelle daar is uniek vir elke land en moet aangepas word by plaaslike omstandighede. Sy sê buitengewone integriteitsevaluerings kan dien as ’n manier om ’n nuwe begin te maak, wat help om wetstoepassingsinstellings te herbou en aanspreeklikheid te versterk:
Wêreldbank-kenner sê keuringstelsels moet lande se spesifieke risiko’s weerspieël [KLANK]
ENG-PopOnVetting