# Die Brandweerdienste van die Kaapse Wynlande Distriksmunisipaliteit het ‘n weghol-veldbrand in die Kogmanskloof-gebied buite Montagu onder beheer gebring. Dit dui op ‘n vroeë begin van die 2026/2027-brandseisoen. Die munisipaliteit waarsku die brand dui op ‘n langer en meer veeleisende seisoen, wat druk op brandbestrydingshulpbronne, boere en natuurgebiede plaas. Die burgemeester Elna von Schlicht vra […]
# Die Suid-Afrikaanse Vrag- en Logistiekvereniging en die Padvragvereniging vra ‘n dringende herstelplan om die vloei van vragte op die Durbanse hawe-terminaal te herstel. Woordvoerder Gavin Kelly sê skepe het verlede maand gemiddeld 80-uur voor anker gelê en wag en die hoeveelheid gehanteerde vrag het met 26-persent gedaal ná die oorskakeling na die NAVIS N4-stelsel, […]
# Die Brasiliaanse minister van Buitelandse Sake, Mauro Vieira, sê ‘n handelsending uit verskeie sektore is in Suid-Afrika om wedersydse voordelige geleenthede te ondersoek. Hy het tydens die agtste vergadering van die Suid-Afrika-Brasilië gesamentlike kommissie in Pretoria, samewerking in handel, wetenskap en tegnologie beklemtoon, veral in ruimtewetenskap, mariene navorsing en gesondheid. Vieira sê albei lande […]
# Suid-Afrikaanse steenkoolprodusente belê toenemend in hernubare energie om koste te besnoei en uitstralings te verminder. Exxaro Resources beoog om teen 2030 een-duisend-600 megawatt se geïnstalleerde hernubare energie-opwekkingsvermoë deur sy filiaal Cennergi te lewer. Die onderneming se sonkragaanleg van 68-megawatt by die Grootegelukmyn in Limpopo het die myn se afhanklikheid van die nasionale kragnetwerk met […]
# Die vrouegeleide H.E.A.T.-stigting sê geen vrou behoort gevorderde kankerbehandeling prys te gee omdat privaat gesondheidsorg buite bereik is nie. Die stigting bring ‘n bewese, lewensreddende aanvullende behandeling regstreeks na die openbare gesondheidstelsel, met vroue met gevorderde servikale kanker wat eerste sal baat vind. Die stigter, dokter Carrie Minnaar, sê beter beheer oor die siekte […]
# ‘n Man van KwaZulu-Natal gaan die volgende aantal jare in ‘n Amerikaanse tronk deurbring nadat hy skuld erken het op aanklagte van die verspreiding en besit van inhoud wat die seksuele misbruik van kinders uitbeeld. Die 45-jarige Marcell Meyer het op ‘n plaas in Sackets Harbor, New York, gewerk. Die Distrikshof in Albany het […]
# Build One South Africa gaan in die plaaslike regeringsverkiesing van 4 November meeding om setels in 24 munisipaliteite in vyf provinsies met 794 kandidate. Woordvoerder Graham Charter sê dit sluit die munisipaliteite van Johannesburg, Tshwane, Ekurhuleni, Kaapstad en Mangaung in, wat altesaam sowat 25-miljoen inwoners verteenwoordig. Hy sê 37-persent van die kandidate is onder […]