# Die Brasiliaanse minister van Buitelandse Sake, Mauro Vieira, sê ‘n handelsending uit verskeie sektore is in Suid-Afrika om wedersydse voordelige geleenthede te ondersoek. Hy het tydens die agtste vergadering van die Suid-Afrika-Brasilië gesamentlike kommissie in Pretoria, samewerking in handel, wetenskap en tegnologie beklemtoon, veral in ruimtewetenskap, mariene navorsing en gesondheid. Vieira sê albei lande […]
# Suid-Afrikaanse steenkoolprodusente belê toenemend in hernubare energie om koste te besnoei en uitstralings te verminder. Exxaro Resources beoog om teen 2030 een-duisend-600 megawatt se geïnstalleerde hernubare energie-opwekkingsvermoë deur sy filiaal Cennergi te lewer. Die onderneming se sonkragaanleg van 68-megawatt by die Grootegelukmyn in Limpopo het die myn se afhanklikheid van die nasionale kragnetwerk met […]
# Die vrouegeleide H.E.A.T.-stigting sê geen vrou behoort gevorderde kankerbehandeling prys te gee omdat privaat gesondheidsorg buite bereik is nie. Die stigting bring ‘n bewese, lewensreddende aanvullende behandeling regstreeks na die openbare gesondheidstelsel, met vroue met gevorderde servikale kanker wat eerste sal baat vind. Die stigter, dokter Carrie Minnaar, sê beter beheer oor die siekte […]
# ‘n Man van KwaZulu-Natal gaan die volgende aantal jare in ‘n Amerikaanse tronk deurbring nadat hy skuld erken het op aanklagte van die verspreiding en besit van inhoud wat die seksuele misbruik van kinders uitbeeld. Die 45-jarige Marcell Meyer het op ‘n plaas in Sackets Harbor, New York, gewerk. Die Distrikshof in Albany het […]
# Build One South Africa gaan in die plaaslike regeringsverkiesing van 4 November meeding om setels in 24 munisipaliteite in vyf provinsies met 794 kandidate. Woordvoerder Graham Charter sê dit sluit die munisipaliteite van Johannesburg, Tshwane, Ekurhuleni, Kaapstad en Mangaung in, wat altesaam sowat 25-miljoen inwoners verteenwoordig. Hy sê 37-persent van die kandidate is onder […]
# Kommissaris Sesi Baloyi van die Madlanga-kommissie het die sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala gewaarsku sy herhaalde weiering om vrae te beantwoord kan ernstige gevolge inhou. Matlala het geweier om vrae te beantwoord oor die voormalige hoof van die Valke in KwaZulu-Natal, Lesetja Senona. Baloyi sê getuies mag slegs weier om vrae te beantwoord as die […]
# Die Instituut vir Rasseverhoudinge gaan die Menseregtekommissie vra om Suid-Afrika se behuisings- en titelakte-agterstande te verklaar as menseregteskendings. Woordvoerder Makone Maja sê dit volg op onthullings dat die titelakte-agterstand een-miljoen oorskry het, met meer as 30-duisend uit die apartheidsera. Die getal het gegroei vanaf 423-duisend in 2014 tot 774-duisend teen 2024. Maja sê dit […]