Skip to content

Vrou se liggaam op vullisterrein in Copeville, Pietermaritzburg gevind

# Die KwaZulu-Natalse polisie ondersoek ‘n moordsaak nadat ‘n onbekende vrou se liggaam op ‘n vullisterrein in Copeville, Pietermaritzburg, gevind is. Haar hande was agter haar rug vasgebind en die polisie sê sy het vermoedelik brandwonde opgedoen. Vullisherwinnaars het op die liggaam afgekom. Die polisie vra inwoners om te help om die moordenaars op te spoor.