# Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, het sy vierde belofte in Rocklands, Mitchells Plain gemaak, as deel van die DA se veldtog vir die plaaslike regeringsverkiesing, naamlik om te verseker noodsaaklike dienste bly betroubaar en bekostigbaar. Hy sê die party het in sy vorige termyn vier keer meer rioolpype vervang en tot 100-kilometer per jaar uitgebrei, terwyl die vervanging van varswaterpype verdubbel het tot 50-kilometer per jaar. Hill-Lewis sê die stad sal die aankoop van onafhanklike krag verhoog van 200- tot 700-megawatt, wat goedkoper as dié van Eskom is.
Kaapstad se burgemeester beloof om munisipale koste laag te hou