# ‘n Polisiekaptein wat die moord op die voormalige burgemeester van Knysna, Aubrey Tsengwa, ondersoek, is vanoggend dood tydens ‘n skietgeveg. Die offisier van die Taktiese Reaksiespan is verlede week na die Wes-Kaapse dorp ontplooi na die moord op Tsengwa en nog twee ANC-politici, Mandla Matiwane en Mandla Tyololo. Polisiewoordvoerder Novela Potelwa sê die beampte […]
# Die Sentrum vir Menseregte in Iran veroordeel Teheran se voorgestelde wetgewing om kontak en onderhoude met buitelandse media strafbaar te maak. Dit volg te midde van wyer staats-optrede teen die deel van inligting met die buiteland. Die wetgewing kan daartoe lei dat oortreders tussen ses maande en twee jaar tronkstraf opgelê word. Die sentrum […]
# Sewentien verdagtes wat verbind word met ‘n kapingsindikaat is in Orange Farm in die suide van Johannesburg in hegtenis geneem. Polisiewoordvoerder, Tintswalo Sibeko, sê beamptes het reageer nadat inligting ontvang is oor ‘n vragmotor wat op die N1 geteiken is vir kaping. Lede van die sindikaat is op ‘n kleinhoewe in Rietfontein onderskep waar […]
# Gholf: Die uitvoerende hoof van die PGA-toer, Brian Rolapp, sê daar is tans geen planne vir die herinstelling van die Terugkerende Lidprogram waarvolgens die vyfmalige major-kampioen Brooks Koepka van LIV Gholf teruggekeer het nie. LIV se toekoms is onseker en spelers soos Bryson DeChambeau, Jon Rahm en Cameron Smith kan dit dalk oorweeg om […]
# Krieket: Engeland se toetskaptein, Joe Root, is teleurgesteld oor Saterdag se voorval in ‘n nagklub in Derby waarby die snelbouler Brydon Carse betrokke was. Videomateriaal wys hoe die polisie hom boei en weglei. Carse is daarna onttrek aan die groep vir die tweede toets teen Pakistan op Lord’s, terwyl die Engelse en Walliese Krieketraad […]
# Die Lugverkeernavigasiediens worstel met ‘n kritieke vaardigheidskrisis nadat internasionale mededingers soos die Verenigde Arabiese Emirate en Australië talle ervare lugverkeer-beheerders gewerf het. Dit veroorsaak dat belangrike bedrywighede worstel met ‘n tekort aan personeel. Die naderings-beheer-eenheid op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng, wat ‘n belangrike rol in die bestuur van vlugte speel, werk […]
# Die Stad Tshwane se Energie- en Elektrisiteitsafdeling en Eskom waarsku oor ‘n kragonderbreking in dele van Soshanguve tot twee-uur vanmiddag. Die onderbreking is om belangrike toetse te doen by die opgeknapte Buffel-invoersubstasie. Eskom en die metro is tans besig met belangrike tegniese werk om seker te maak die stasie werk. Die stad se woordvoerder, […]