# Die Gautengse Departement van Gesondheid ondersoek bewerings van omkopery en voorkeurbehandeling deur amptenare. Hulle word na bewering deur sommige pasiënte omgekoop om die toue te omseil wanneer hulle afsprake maak, om toegang tot pasiëntlêers te kry en medikasie by apteke by openbare gesondheidsgeriewe af te haal. Die departement se woordvoerder, Steve Mabona, sê die […]
# Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ‘n Geel Vlak 2-waarskuwing uitgereik vir skadelike wind langs die Wes-Kaapse kus. Die gevaarlike toestande sal na verwagting vanmiddag ooswaarts na Plettenbergbaai versprei. ‘n Woordvoerder vir die Mosselbaai-munisipaliteit, Cornelle Carstens-Johnston, sê die sterk wind kan navigasie bemoeilik en klein hawens en strandaktiwiteite ontwrig:
# Die Mining Affected Communities United in Action, en verskeie ander organisasies sê beraadslaging met die parlementêre portefeuljekomitee oor Minerale en Petroleum Hulpbronne kan ʼn nuwe begin wees vir Suid-Afrika se myngemeenskappe. Tydens gister se vergadering het die organisasies hul kommer gelug oor die maatskaplik-ekonomiese en omgewingsgevolge van mynbedrywighede en -sluitings, korporatiewe aanspreeklikheid, rehabilitasie-verpligtinge en […]
# Rugby: Die All Blacks-losvoorspeler Anton Segner is beseer en gaan die res van die Rugby’s Greatest Rivalry-toer deur Suid-Afrika misloop. Hy is laat onttrek aan die wedstrydgroep vir die eerste toets op Ellispark, nadat hy oor ‘n geswolle enkel gekla het. Afrigter Dave Rennie sê Segner het ‘n geringe operasie ondergaan en gaan huis […]
# Minstens 15 babas het vanoggend doodgebrand tydens ʼn brand by die Pakistan Instituut vir Mediese Wetenskappe, wat die grootste hospitaal in die Pakistanse hoofstad, Islamabad, is. Volgens berigte het die brand ontstaan toe ʼn lugversorger se kompressor in die kinderafdeling ontplof het. Reddingspanne kon een baba red. Owerhede sê ʼn ondersoekkomitee onder leding van […]
# Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê die party se wyksraadslid-kandidate wat nie matriek het nie, sal voor die plaaslike regeringsverkiesing in November om kwytskelding moet aansoek doen. Dit volg nadat sommige provinsiale sekretarisse kwytskelding gevra het vir voornemende raadslede wat nie matriek het nie. Die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee werk tans aan […]
# Die vakverbond SAFTU het president Cyril Ramaphosa se bekendstelling van Fase Drie van die vennootskap tussen die regering en sakeondernemings veroordeel. Hy beskryf dit as ʼn verskerping van korporatiewe inmenging in die regering. Die vennootskap se derde fase fokus op die bespoediging van ekonomiese groei en uitbreiding van werksgeleenthede. SAFTU-woordvoerder Asive Dyani sê daar word verwag […]