# Die Wes-Kaapse E-taxivereniging en Operasie Ubuntu vra die Suid-Afrikaanse Lughawensmaatskappy en die polisie om dringend op te tree teen die voortgesette aanslag op e-taxibestuurders op die Kaapstadse Internasionale Lughawe. Volgens berigte intimideer en val mans met klapmusse e-taxibestuurders aan. Operasie Ubuntu se woordvoerder, July Eccles, sê ACSA en die polisie se gebrek aan optrede […]
# Die Tshwane Metropolisiedepartement het Maandag 20 onwettige immigrante in Bronkhorstspruit en Atteridgeville in hegtenis geneem tydens geteikende wetstoepassingsoptredes teen onwettige immigrante. In die Bronkhorstspruit-omgewing alleen is 16 mense in hegtenis geneem vir oortredings van die Immigrasiewet. Die Metropolisie-woordvoerder, Puleng Motholo, sê ‘n totaal van 59 AARTO-oortredingskennisgewings is ook uitgereik en talle geboue is tydens […]
# Die onderwysaktivis Hendrick Makaneta het kommer uitgespreek oor ʼn beweerde poging tot seksuele aanranding by die Villa Liza Secondary School in Boksburg, oos van Johannesburg. Volgens die Gautengse Onderwysdepartement het ʼn graad 8-leerder verlede Donderdag na die skool se toilette gegaan toe twee leerders haar glo gevolg, vasgehou en probeer het om van haar […]
# ActionSA sê hy verwerp die bewering deur die Polisie- en Gevangenisse-burgerregte-unie dat sy aansoek om ‘n hersiening van die dissiplinêre uitkomste rondom die Presidensiële Beskermingsdiens-beamptes, Wally Rhoode en Hennie Rekhoto, op politieke inmenging neerkom. Die party het ‘n hofaansoek ingedien waarin die Suid-Afrikaanse Polisiediens daarvan beskuldig word dat die twee beskerm is vir hul […]
# Sokker: Manchester United se kaptein, Bruno Fernandes, het die Professionele Sokkerspelervereniging se Speler van die Jaar-toekenning vir mans in die 2025/2026-seisoen ontvang, en Khadija Shaw van Manchester City is Vrouespeler van die Jaar. Fernandes het met 21 doele die Premierliga-rekord verbeter en Thierry Henry en Kevin De Bruyne verbygesteek. Nico O’Reilly van Manchester City […]
# Iran en Oman het ʼn voorstel uiteengesit vir ʼn tydelike skeepsroete deur die Straat van Hormoes. Dit volg nadat president Donald Trump van Amerika herhaal het dat alle seemyne in die belangrike waterweg verwyder is, en gedreig het dat enige Iranse skepe wat probeer om nog te stel, vernietig sal word. Die voorstel sluit […]