Skip to content

Swem: Swem SA stem in om rente op Tatjana Smith se prysgeld te betaal

# Swem: Swem Suid-Afrika het ingestem om die volle rente aan die Olimpiese kampioen Tatjana Smith te betaal op prysgeld wat vir langer as ‘n jaar teruggehou is. Sy het sowat 560-duisend-400-rand gewen nadat sy goud en silwer verower het op 2023 se Watersport-wêreldkampioenskap in Japan. Swem SA het die geld eers betaal na Smith se deelname aan 2024 se Olimpiese Spele in Parys, maar nie die rente nie. Smith se regsverteenwoordiger, Wian Spies, sê ‘n betalingsooreenkoms vir die rente is nou bereik.