# Rugby: Die All Blacks het skoonskip gemaak onder Suid-Afrika se konsessie-spanne met ʼn welverdiende 41-35-sege oor die Leeus op Ellispark in Johannesburg. Dit volg na oorwinnings teen die Stormers, Haaie en Bulle. Nieu-Seeland het ook die Springbokke in die eerste toets met 33-16 verslaan. Die Leeus het in die eerste helfte briljant gespeel en […]
# Die Sentrum vir Ontwikkeling en Onderneming sê die Stad Johannesburg se begroting is toenemend van die werklikheid verwyder, en noem dat inwoners nie tariewe en dienste-rekeninge betaal nie. Dit kom te midde van die metro se gebrek aan dienslewering en verswakkende infrastruktuur. Volgens die organisasie se jongste verslag het onbetaalde rekeninge aan die stad […]
# Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê die party het die proses om kandidate te kies, benader met die erns wat dit verdien. Die party se Nasionale Uitvoerende Komitee het gister ʼn uitgebreide vergadering gehou. Dit is die laaste fase om die nasionale lys saam te stel voor kandidate se name aan die Verkiesingskommissie […]
# Kanada gaan van 8 September af vergeldingstariewe instel op ʼn wye reeks Amerikaanse produkte ter waarde van sowat 322,47-miljard-rand. Die tariewe van 15- tot 50-persent sal meer as 700 Amerikaanse produkte raak, insluitend staal en aluminium, meubels, klere en vis. Dit is in reaksie op tariewe van 50-persent wat president Donald Trump se administrasie […]
# President Donald Trump sê die Amerikaanse Vloot het alle myne in die internasionale waters van die Straat van Hormoes verwyder of laat ontplof. Die belangrike waterweg, waardeur sowat 20-persent van die wêreld se olie en vloeibare gas uitgevoer word, is deur Iran geblokkeer sedert die oorlog in Februarie begin het. In ‘n plasing op […]
# Die EFF-leier, Julius Malema, sê die regering se versuim om op te tree teen die beweerde aanstigters en plegers van geweld teen buitelandse burgers in Suid-Afrika skep die indruk dat die geweld deur die staat goedgekeur is. Hy het gepraat tydens president Cyril Ramaphosa se antwoordsessie in die Nasionale Vergadering gister. Die president het […]
# Rugby: Die Springbok-kaptein, Siya Kolisi, het van ‘n dyspierbesering herstel en sal Saterdag teen die All Blacks in Kaapstad opdraf. Die 35-jarige, wat die besering drie weke gelede teen Argentinië opgedoen het, het verlede naweek die eerste toets in Johannesburg misgeloop. Kolisi sal ‘n los trio vorm met Pieter-Steph du Toit, wat aanvanklik as […]
# Die legendariese countrymusiek-sangeres, liedjieskrywer en aktrise, Dolly Parton, is op 80-jarige ouderdom oorlede. In ‘n loopbaan wat oor ses dekades gestrek het, het sy meer as drieduisend liedjies geskryf en meer as 100-miljoen plate wêreldwyd verkoop. Sy sal onthou word vir haar liedjies wat pragtige stories vertel het, soos Coat of Many Colours, Jolene, […]
# Sokker: Tottenham Hotspurs het ‘n aanvanklike bedrag van 1,6-miljard-rand betaal om die dienste van die Brasiliaanse vleuel Savinho van Manchester City te bekom. Die 22-jarige is nog nie as ‘n gereelde speler by City gevestig nie, maar Spurs glo hy kan hulle aanval met spoed en kreatiwiteit versterk. Savinho is opgewonde om onder hoofafrigter […]