# Die regering het ʼn leningsooreenkoms van 16,2-miljard-rand by die New Development Bank onderteken om infrastruktuur vir die Metropolitaanse Munisipale Dienste op te knap. Dit is deel van die Metro-handelsdienste-hervormingsprogram om die bestuur, finansiële volhoubaarheid en bedryfsprestasie van munisipale handelsdienste in metropolitaanse munisipaliteite te verbeter, veral wat water en sanitasie, elektrisiteit en energie, en vaste-afvalbestuur betref. Die Nasionale Tesourie sê dit is ʼn prestasie-gebaseerde lening en finansiering hang af van institusionele versterking en die bereiking van onafhanklik getoetste, meetbare prestasieteikens wat deur munisipaliteite goedgekeur is.
Regering kry lening van R16-miljard om finansiële volhoubaarheid en prestasie van munisipale dienste te verbeter