Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 16 September 2026: NASIONAAL: # Business Day: Berig ‘n Keniaanse hof het Vodacom se oorname van Safaricom ter waarde van 36-miljard-rand verbied. Die koerant skryf in die uitspraak word daar verwys na ‘n arbitrêre prysbepaling en kommer oor mededinging, veral rakende die verkoop van die staat se […]
# Gauteng se premier, Panyaza Lesufi, sê hy vertrou dat almal wat verantwoordelik is vir die moorde op agt vroue in en om Kemptonpark in Ekurhuleni voor die reg gebring sal word. ʼn Multidissiplinêre, hoëvlak-polisiespan ondersoek die moorde en ʼn beloning van 400-duisend-rand word aangebied vir inligting wat tot ʼn deurbraak in die ondersoek kan […]
# Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Puleng Dimpane, sê ʼn verdagte is aangekeer in verband met een van die moorde wat in Julie in Kemptonpark, Ekurhuleni, gepleeg is en die polisie soek na nog ʼn persoon van belang. Agt vroue se liggame is die afgelope twee maande in die metro ontdek. Dimpane sê van die slagoffers […]
# Die regering het ʼn leningsooreenkoms van 16,2-miljard-rand by die New Development Bank onderteken om infrastruktuur vir die Metropolitaanse Munisipale Dienste op te knap. Dit is deel van die Metro-handelsdienste-hervormingsprogram om die bestuur, finansiële volhoubaarheid en bedryfsprestasie van munisipale handelsdienste in metropolitaanse munisipaliteite te verbeter, veral wat water en sanitasie, elektrisiteit en energie, en vaste-afvalbestuur […]
# Die Verenigde Nasies sê die dodelike Ebola-uitbreking in die Demokratiese Republiek die Kongo versprei oor die land, ten spyte van ʼn mate van sukses om dit te beperk. Sewe-duisend-200 Ebola-gevalle is aangemeld en byna drie-duisend-500 mense is daaraan dood. Hierdie uitbreking is die tweede ergste op rekord. Die ergste was die een in Wes-Afrika […]
# Die burgemeester van Ekurhuleni, Nkosindiphile Xhakaza, het sy kommer uitgespreek oor die vrees in gemeenskappe wat die oorhand kry en gesê die moorde op vroue in en om die metro het ‘n krisispunt bereik. Die polisie ondersoek die moorde op agt vroue wie se liggame in en om Kemptonpark gevind is. Speurders en gespesialiseerde […]
# President Donald Trump het die Hooggeregshof se besluit gekritiseer om sy plan te blokkeer om posstemme te beperk voor die November-middeltermynverkiesing. Hy het in Maart ‘n uitvoerende bevel onderteken wat die Amerikaanse Posdiens gelas om stembriewe slegs aan Amerikaanse burgers af te lewer, met die argument dat die reëlverandering verkiesingsbedrog sal bestry. Regter Brett […]
# Die polisie het nog ‘n liggaam in Ekurhuleni gevind, wat die totaal vroueliggame wat die afgelope twee maande in die metro ontdek is, op agt te staan bring. Die ministerie van Polisie het ‘n beloning van 400-duisend-rand uitgeloof vir inligting wat tot inhegtenisnemings kan lei. Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, sê die […]
# Krieket: Die Protea-vroue het Zimbabwe met 80 lopies verslaan in die derde T20-wedstryd in Bulawayo en daarmee die reeks van vyf wedstryde beklink. Kaptein Laura Wolvaardt het ‘n onoorwonne 126 lopies aangeteken, die hoogste T20-telling ooit deur ‘n Protea-vrouespeler en haar 18de honderdtal, wat Smriti Mandhana van Indië se rekord ewenaar. Wolvaardt het ‘n […]