# Die Stad Kaapstad sê hy het ongeveer 75-miljoen-rand bestee aan die herstel en vervanging van elektrisiteitsinfrastruktuur wat tydens die 2025/2026-boekjaar deur diefstal en vandalisme beskadig is. Die lid van die burgemeesterskomitee vir Energie, Xanthea Limberg, sê die geld kon gebruik gewees het om die elektrisiteitsnetwerk op te gradeer en uit te brei. Limberg sê […]
# Die DA sê die gevolg van toenemende misdaad in verskeie brandpunte in Gauteng laat inwoners in vrees leef. Volgens die party het kontakmisdaad tussen April en Junie vanjaar in Tembisa, Diepsloot, Alexandra, Mamelodi-Oos, Orange Farm en Jeppe toegeneem. Tembisa het die grootste toename van 16,1-persent aangeteken. Crezane Bosch van die DA doen ‘n beroep […]
# Die Wes-Kaapse regering moedig inwoners aan om verantwoordelike keuses ten opsigte van die omgewing te maak om te help om die osoonlaag te beskerm en skade aan die klimaat te verminder. Dit is vandag Wêreldosoondag en die regering versoek die publiek om waar moontlik, energiedoeltreffende tegnologieë te gebruik en skoner energie te ondersteun. Die […]
# Sokker: Die Stad Kaapstad versterk sy vennootskap met Oasis Reach for Your Dreams deur middel van die Hawelose Wêreldbeker-program en gebruik die spel om hawelose mense te ondersteun. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Francine Higham, sê agt spelers is gekies om Suid-Afrika in Januarie op die Wêreldbekertoernooi in Mexiko te verteenwoordig nadat byna […]
# Die voorsitter van die Parlement se portefeuljekomitee oor Polisie, Ian Cameron, sê hy wag steeds vir ‘n ondersoekbeampte om aangewys te word nadat hy ‘n saak geopen het oor die voormalige polisiehond Sky. Cameron sê Sky het ernstige beserings opgedoen in die Roodeplaat-dierehospitaal in Pretoria en is verlede week van kant gemaak. Hy vra […]
# Die DA sê NAMPO-Kaap-2026 in Bredasdorp het die belangrikheid beklemtoon van samewerking tussen die regering, boere en ondernemings om die Wes-Kaap se landelike ekonomie te laat groei. Volgens die party het boere kommer uitgespreek oor droë toestande, skade aan gewasse, watertekorte en vertragings met die verkryging van hulp van die Landbank. Noko Masipa van […]
# Solidariteit het ‘n klag by die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling in Washington, DC, teen Amazon Web Services ingedien oor ‘n besigheidsontwikkelingsprogram wat vereis aansoekers moet 100-persent in swart besit wees. Dirk Hermann van die vakbond sê die vereiste is onregverdig want dit sluit ondernemings met enige wit eienaarskap uit en gaan verder […]
# Krieket: Australië se toetsspan keer volgende maand die eerste keer weer na Suid-Afrika terug sedert die skuurpapier-skandaal van die 2017-18-seisoen, en die gewese Protea-kaptein, Graeme Smith, sê hulle gaan beslis daaraan herinner word. Kaptein Steve Smith, onderkaptein David Warner en die bouler Cameron Bancroft is geskors omdat hulle die bal met skuurpapier grof gemaak […]
# Die Nasionale Kunstefees het aansoeke vir sy 2027-Fringe-program in Makhanda, Oos-Kaap, geopen en nooi kunstenaars van Suid-Afrika en regoor die wêreld om hul werk voor te lê. Die fees is op soek na ‘n wye verskeidenheid kreatiewe werk, insluitend nuwe kunsvorme, digitale tegnologie en projekte wat op inheemse kennis gegrond is. Die organiseerders moedig […]