# Die nasionale polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, het ‘n beroep op mans gedoen om verantwoordelikheid te aanvaar oor geweld teenoor vroue. Mathe het tydens ‘n mediasessie die jongste toename in die moorde op vroue veroordeel, nadat ‘n sesde liggaam vanoggend in KwaThema, Springs, in Ekurhuleni gevind is. Sy sê ondersoekers oorweeg verskeie teorieë, insluitend of daar […]
# Die Minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, sê Suid-Afrika se groenwaterstofekonomie het van die konsep- na die implementeringsfase beweeg. Ramokgopa, wat namens president Cyril Ramaphosa by die Africa Green Hydrogen beraad in Kaapstad gepraat het, het die eerste fase van die nasionale groenwaterstofprogram aangekondig. Die Saldanhabaai-projek het nou die groenlig as ‘n belegging […]
# Die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, het om verskoning gevra omdat sy tydens ‘n onlangse openbare geleentheid in die Oos-Kaap vir ‘n inwoner van Kouga gevloek het. Majodina het in ‘n verklaring gesê sy het in die hitte van die oomblik gereageer, maar aanvaar verantwoordelikheid en betreur die gebruik van growwe taal. […]
# Die Wes-Kaap het tussen April en Junie ‘n afname in verskeie ernstige misdade aangeteken. Kontakmisdaad het met 6,3-persent gedaal, moord met 6,7-persent, motorkapings met 14,6-persent en huisroof met 15-persent. Polisiestasies wat aan Operasie Prosper deelgeneem het, het beduidende afnames in misdaad aangeteken, met kontakmisdaad wat met 12,1-persent en moord wat met 16,8-persent gedaal het. […]
# Action Society sê vertragings in die verwerking van forensiese bewyse kan die polisie verhoed om gewoontemisdadigers te identifiseer en verdere moorde te keer. Die waarskuwing volg nadat die liggame van ses vroue binne bykans twee maande in die Kemptonpark-gebied gevind is. Juanita du Preez van die organisasie sê die gevalle toon kommerwekkende ooreenkomste, maar […]
# Die hoof van Interne Sake by die Johannesburgse Metropolisie, Elmarie de Beer, het voor die Madlanga-kommissie getuig sekere informante wat met JMPD-lede verbind word, word moontlik gebruik om misdadige bedrywighede te ondersteun. Sy sê hulle is nie konvensionele informante wat die polisie help om misdaad te bekamp nie. Volgens de Beer is van dié […]