# Die Suid-Afrikaanse petrochemiese groep Sasol het ‘n brandstofverskaffings-ooreenkoms met die Antarktiese verkenningstog-onderneming White Desert onderteken ter ondersteuning van vlugte na die afgeleë vasteland. Sasol sê die ooreenkoms behels die verskaffing van stralerbrandstof aan White Desert se vlugte na Antarktika, wat wetenskaplikes, toeriste en ondersteuningspanne na die vasteland vervoer. Die brandstof sluit volhoubare stralerbrandstof in […]
# Tennis: Die volgende groot toernooi op die beroeps-mansalmanak, die Laverbekertoernooi, begin die 25ste in Londen. Span Wêreld is die verdedigende kampioen nadat hy Span Europa verlede jaar verslaan het. Die wêreld-nommer-twee, Alexander Zverev van Duitsland, lei vanjaar Europa se aanslag saam met die Spanjaarde Carlos Alcaraz en Rafael Jodar, die Italianer Flavio Cobolli, die […]
# DA-leier Geordin Hill-Lewis sê die ontdekking van ses vroue se liggame in Ekurhuleni, Gauteng, sedert Julie toon die behoefte aan strenger optrede teen geweldsmisdaad. Hy sê die regering moet ondersoeke verskerp en verseker die skuldiges word aan die man gebring. Hill-Lewis vra groter sigbare wetstoepassing, beter beligting en waarneming, en nouer samewerking tussen die […]
# Die Johannesburgse Metropolisie se hoof van Interne Sake, Elmarie de Beer, het ernstige bedryfsuitdagings uitgelig voor die Madlanga-kommissie, Sy sê daar is slegs 38 personeellede, wat nie genoeg is om die werklas doeltreffend te hanteer nie. De Beer sê ondersoeke duur dikwels langer om te voltooi weens beperkte ondersoekvermoë, veral dié wat met wangedrag […]
# ‘n Projek van sewe-miljoen-rand, gesteun deur Brittanje, gaan bekostigbare digitale verbindings in swak-bediende landelike en dorpsgemeenskappe in KwaZulu-Natal uitbrei. Die projek sal 25 plaaslike gemeenskaps-netwerkoperateurs ondersteun, 250 openbare Wi-Fi-brandpunte verskaf, en 150 openbare geriewe en een-duisend-500 huise verbind. Die waarnemende Britse hoëkommissaris, Lisa Weedon, sê gemeenskaps-operateurs kan help om verbindings uit te brei terwyl […]
# Krieket: Brendan Taylor van Zimbabwe het Sachin Tendulkar verbygesteek as die speler met die langste loopbaan in internasionale eendagkrieket. Die Indiese legende het in 2012 uit dié formaat getree ná ‘n loopbaan van 22-jaar en drie-maande. Die 40-jarige Taylor het dié rekord verbeter tot 22-jaar en vier-maande in die eerste eendagwedstryd teen Australië wat […]
# Irans-gesteunde Houthi-rebelle het ‘n nuwe vlaag aanvalle op Saoedi-Arabië uitgevoer en hul posisie verder versterk langs Jemen se weskus aan die Rooisee. Dit het tot dringende beraadslagings in die hoofstad, Rijaad, gelei oor hoe om op die aanvalle te gereageer. Arabiese Golfstate het intussen beplande samesprekings met Iran oor die Seestraat van Hormoes uitgestel, […]
# Die geskorste misdaadintelligensie-lid, sersant Fannie Nkosi, wil hê die Nasionale Vervolgingsgesag moet die aanklagte teen hom heroorweeg. Hy het vlugtig in die Landdroshof in Pretoria-Noord voorgekom waar hy teregstaan op aanklagte in verband met vuurwapens en regsverydeling ná ‘n polisieklopjag op sy woning in April. Nkosi word ook daarvan beskuldig dat hy homself as […]