Skip to content

Brits-gesteunde projek van R7-miljoen help met digitale verbindings in KZN

# ‘n Projek van sewe-miljoen-rand, gesteun deur Brittanje, gaan bekostigbare digitale verbindings in swak-bediende landelike en dorpsgemeenskappe in KwaZulu-Natal uitbrei. Die projek sal 25 plaaslike gemeenskaps-netwerkoperateurs ondersteun, 250 openbare Wi-Fi-brandpunte verskaf, en 150 openbare geriewe en een-duisend-500 huise verbind. Die waarnemende Britse hoëkommissaris, Lisa Weedon, sê gemeenskaps-operateurs kan help om verbindings uit te brei terwyl hulle werk skep en vaardighede ontwikkel. Sy sê die projek gebruik ‘n draadlose ooptoegang-netwerkmodel en word gelewer deur die Brits-Suid-Afrikaanse Digitale Vennootskap, met ondersteuning van die regering en privaat vennote.